Oor Ons
Kainos Family Kerk is ‘n Pinkster Kerk wat in Suid Afrika geplant word op 15 Oktober 2017 deur Pastoor Charl Swart en sy vrou Jennifer. Hulle besluit om te immigreer na Nieu-Seeland en Pastoor Victor Lemmer neem die herders posisie oor in Suid Afrika. Op 2 Februarie 2020 plant Pastoor Charl Swart en Jennifer die Kainos Familie Kerk in Nieu-Seeland. Die kerk begin in die Tauriko Settlers Hall in Tauranga. Van daar beweeg hulle eers na New Plymouth en toe na Christchurch.

Sluit Aan By Ons Gemeenskap
Ons nooi jou uit om deel te word van Kainos Familie Kerk – die Afrikaanse kerk in Christchurch, New Zealand. Ontdek ’n plek van geloof, hoop en liefde waar almal welkom is. Kontak ons gerus vir meer inligting oor ons dienste en aktiwiteite.

Pastoor Charl en Jennifer Swart
Pastoor Charl Swart en sy vrou Jennifer is die stigters van Kainos Familie Kerk– die Afrikaanse kerk in Christchurch, New Zealand. Hulle het hul bediening begin in Suid-Afrika en het 'n passie vir die uitbreiding van God se koninkryk. In 2020 het hulle die kerk in Nieu-Seeland gevestig, waar hulle voortgaan om 'n verskil te maak in die lewens van baie mense deur hul toewyding en liefde vir die gemeenskap.
